Skip to main content

KMD Oosthuizen street, 2302 SECUNDA

+27 71 378 6805

Facebook

MAAK 'n DONASIE

Meer oor VOETSPORE vir JESUS NPC

VOETSPORE vir JESUS NPC is in 2024 gestig deur 2 gesinne.


Een gesin is voltydse sendelinge wat regoor Suid-Afrika gewerk het, en die ander gesin, wat ook in die sendingveld was, het in 2023 ’n kinderbediening in Secunda begin. Saam werk ons waar God se hart klop en Sy Voetspore agterlaat

VERJAARSDAG PROJEK

Elke behoeftige kind ontvang ’n koek, lekkernye, chips, koeldrank en natuurlik ’n GESKENK!

JEUGWEEK PROGRAM

Gedurende winter vakansie bied ons 'n geestelike en sport program aan

KERS PROJEK

Elke kind het 'n wens, en ons maak dit waar

SKRYFBEHOEFTES PROJEK

Basiese skryfbehoeftes word voorsien

Ons Projekte

'n Kind vra nie om in die situasie te wees nie. Ouers gaan deur 'n moeilike tydperk en ons is daar om te help. Ons voorsien vir 'n KOEK, Lekkers, Chips, Koeldrank en natuurlik 'n GESKENK!


Dis vir ons baie belangrik dat elke kind spesiaal voel en sy of haar verjaarsdag kan geniet.

Gedurende die winter vakansie, bied ons 'n gratis JEUGFEES vir tieners aan vir 'n week. Ons kry spesiale sprekers van verskillende gemeentes af om te kom gesels oor spesifieke temas.


Die KINDERFEES word 'n week later aangebied vir Gr.0-6. Vol program elke dag vir 5 dae. Vanaf speletjies, sport, voorsang, kuns en groep werkies. Etes word gegee, 100 kinders gaan gratis (kinders vanaf behoeftige gesinne, kinderhuise ens). Die publiek kan ook kom vir 'n minimale bedrag. Donasies word benodig om dit moontlik te maak.


Besoek ons JEUGWEEK webtuiste vir meer inligting.... WWW.JEUGWEEKSECUNDA.CO.ZA 

Ons gee vir elke kind 'n geleentheid om 'n brief te skryf asook om 3 geskenk idees neer te skryf. Saam met die publiek se hulp kan mense een van die geskenke kies om aan te koop. En dan gee ons dit uit op 'n kers-partytjie dag.

Januarie maand is gewoonlik die langste maand vir behoeftige gesinne. Om dinge bietjie makliker te maak, gee ons basiese skryfbehoeftes. Dis nogsteeds die ouers se plig om die res aan te koop.

Ons Portfolio